top of page

Talent van EHS-musiekonderwyser maak Errie-harte opgewonde

SH HATTINGH

23 February 2021

Beide is gesogte en merkwaardige duo’s met 'n unieke, groot klank. Strings On Fire is tans besig met ‘n nuwe album in die akoestiese dans genre.

Hoërskool Ermelo is besonder trots op mnr Dirkie van Staden, musiekonderwyser te Hoërskool Ermelo. Twee van mnr van Staden se kitaar- en viool-duo’s, Stings On Fire en World @ South, is genomineer vir ‘n South African Independent Artist Award 2021. Die toekennings geleentheid vind plaas in Maart 2021. Die wenners van die toekennings word bepaal deur ‘n paneel van ervare musiek-ghoeroes. Strings On Fire se nominasie is in die kategorie vir Beste Instrumentale Album.

Mnr van Staden se duo-maat in Strings On Fire is mnr Johann Scheppel. Hulle het die duo gestig in September 2019, met ‘n optrede by die Aardklop Nasionale Kunstefees as debuut. Die nominasie vir World @ South is vir die Beste instrumentale Enkelsnit met hul verwerking “Irish Classical Spice.” Mnr van Staden se duo-maat in dié snit was mnr Roelof Swart. Strings On Fire en World @ South is “cross-over” duos, wat 'n verskeidenheid genres vermeng soos Spaanse, kontemporêre Flamenco Rumba, akoestiese “rock”, techno, Ierse, Gypsy, Volksmusiek, Kubaanse en Latynse ritmes, Afrika-Kwela, Klassieke en populêre musiek met 'n polsende ritme.

Die visuele impak van hul vioolvirtuositeit en verbysterend vinnige perkussiewe kitaar ritmes is 'n betowering vir gehore oral oor. Beslis 'n inspirerende en uiters indrukwekkende lewendige vertoning. Instrumentale musiek is universeel en het 'n strelende effek op die luisteraar, tog kan dit baie energiek en feestelik wees. Beide is gesogte en merkwaardige duo’s met 'n unieke, groot klank. Strings On Fire is tans besig met ‘n nuwe album in die akoestiese dans genre. “Baie sterkte, Dirkie! Die Erries sien uit na die uitslae en is trots om te sê mnrr van Staden is ‘n Errie.”





bottom of page