top of page

Morgenzon bied aan... Afrikaans is Groot

SM HATTINGH

16 March 2022

Die program het van een hoogtepunt tot ‘n volgende hoogtepunt gevloei, en het die gehoor op die punte van hul stoele gehou.

Na maande se oefen en onsekerheid met die COVID pandemie saam, het MLA se Revue – AFRIKAANS IS GROOT – op die planke gerealiseer. Die hele skool se leerders, Graad R tot Graad 12, is die geleentheid gebied om te sing en dans op die maat van Afrikaanse musiek. Sangopnames van die sang groep is professioneel laat doen, en dit, saam met die klank en beligting wat deur ‘n buite maatskappy gedoen is, het tot die sukses van die twee aande se opvoerings bygedra. Die gehoor is op elegante wyse deur die program begelei. Pierre Venter en Nelanie Smith het verdere kleur aan die geleentheid verleen met hul pittighede en amusante staaltjies.

Die program het van een hoogtepunt tot ‘n volgende hoogtepunt gevloei, en het die gehoor op die punte van hul stoele gehou. Wat ‘n belewenis om ‘n hele skool se kinders op een verhoog te kon sien. Dit was duidelik dat almal wat deelgeneem het die aand net so veel as die gehoor geniet het. “Baie dankie aan elke Landtie, sowel as elke onderwyser wat hard gewerk het. In besonder ook aan mnr. Pierre Venter, me. Almarie Broekman en me. Judy Power wat aan die stuur van sake gestaan het. Dit was MLA se spog geleentheid waar almal, ouers, grootouers, vriende en deelnemers, in Afrikaans kon lekker kry.

bottom of page