top of page

MLA tweede in Gert Sibande Distrik

SM HATTINGH

18 May 2021

“Namens die hoof en die skool, baie geluk aan die individue met hul besonderse prestasies. Dit het ons trots gemaak om 'n Landtie te wees by hierdie prestige geleentheid.”

By 2020 se Prestige Awards byeenkoms waar skole, onderwysers en leerder beloon is vir uitstekende werk in Gert Sibande Distrik, het Morgenzon Landbou Akademie (MLA) met ‘n groot hoeveelheid van die pryse weg gestap. Msukaligwa 2, waarvan MLA een van die 6 skole is, het met 'n totale slaagsyfer van 89.7%, tweede plek behaal in Gert Sibande Distrik. Hier volg 'n uiteensetting van die pryse wat aan MLA by hierdie prestige geleentheid oor handig is - MLA is aangewys as skool met die hoogste persentasie Baccalaureus studente in Msukaligwa 2 kring, beste skool in Afrikaans Huistaal, asook beste skool in Lewensoriëntering (LO).

Op vak gebied is die volgende onderwysers bekroon as die beste presterend in die kring, en ook 'n 100% slaagsyfer in sy of haar vakke: Rekeningkunde - Jeanine van Aarde, Afrikaans Huistaal - Nelanie du Plessis, Gasvryheid - Mariska Janse Van Rensburg, IGO - Wybrand Wondergom, Toerisme - Janine Rautenbach, Landbou Tegnologie - Ruan Jansen van Vuuren, LO - Marina van Eck en Lewenswetenskap - Nelanie du Plessis. Die volgende leerders het geraamde sertifikate, asook trofees ontvang vir uitstekende prestasies: Jan-Hendrik Zwarts - Afrikaans Huistaal, Jan-Hendrik Zwarts - English First Additional, Jan-Hendrik Zwarts - Lewenswetenskap, Lou Grobbelaar- Landbou Tegnologie en Lou Grobbelaar- Wiskunde Gelleterdheid. “Namens die hoof en die skool, baie geluk aan die individue met hul besonderse prestasies. Dit het ons trots gemaak om 'n Landtie te wees by hierdie prestige geleentheid.”

bottom of page