top of page

MLA leerders en personeel vaar puik

SM HATTINGH

25 February 2022

“Baie geluk aan elke onderwyser asook elke leerder. Baie dankie vir julle harde werk in 2021.”

By ‘n prysuitdelingsfunksie wat deur die kringkantoor Msukaligwa 2 en distrikskantoor Gert Sibande gehou was, het Morgenzon Landbou Akademie die volgende toekennings ontvang: Toekenning vir die enigste skool met ‘n 100% matriek slaagsyfer vir 2021, asook die skool met die hoogste persentasie leerders wat geslaag het met bachalaureus.

Die volgende personeel het ook toekennings gekry vir die personeellid met die beste prestasie in sy/haar vakgebied: Mnr Pierre Venter - Wiskunde Geletterdheid, Mev Almarie Broekman - Wiskunde, Mnr Ruan Janse van Vuuren - Landboutegnologie, Mnr Armand van Niekerk - Fisiese wetenskap, Mev. Nelanie Smith - Afrikaans Huistaal, Mej Jeanine van Aarde - Rekeningkunde en Mej Wiana Eksteen - Toerisme. Van ons leerders was ook beloon vir hul insette deurdat hul aangewys was as die leerder wat die beste presteer het in ‘n spesifieke vak: Richard Ackerman - Ingenieursgrafika en Ontwerp, Anneleen Erasmus - Afrikaans Huistaal, Gerty Mostert - Wiskunde Geletterdheid, Kiara Mostert - Gasvryheidstudies en Danielle Prinsloo - Landboutegnologie.

“Baie geluk aan elke onderwyser asook elke leerder. Baie dankie vir julle harde werk in 2021.” - Soos ontvang vanaf skool

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page