top of page

Liggies neem deel by die Sizwe ASA Senior Kampioenskappe

SH HATTINGH

27 April 2021

In die semi-finaal het Kwanele die voorreg gehad om in dieselfde lopie as die bekende Wayde van Niekerk te hardloop.

Kwanele Nkambule het die afgelope naweek 15-18 April aan die Sizwe ASA Senior Kampioenskappe in Pretoria by Tuks se High Performance Centre deelgeneem. Hy het die 200m van die uitdunrondte in 21.66 sekondes voltooi, en gekwalifiseer vir die semi-finale. In die semi-finaal het Kwanele die voorreg gehad om in dieselfde lopie as die bekende Wayde van Niekerk te hardloop. Kwanele het 8ste plek in sy uitdun behaal, met ‘n tyd van 21.82 sekondes. “Die Liggies is saam met sy afrigters, Me Le Roux en Adrian Wallace, baie trots op die mooi prestasie!”

bottom of page