Liggies laat wiel met wintersport

press to zoom

press to zoom
1/1

SM HATTINGH

8 March 2022

Ligbron o/14 A wen met 12-17, o/14 B vertrap opponente met ‘n prag-telling van 48-0, en o/15 A wen met 10-0.

Ligbron het die wintersport-seisoen afgeskop, en op Saterdag, 5 Maart 2022 in Alberton kragte gemeet teen Hoërskool Dinamika. Die uitslae was as volg: rugby - Ligbron o/14 A wen met 12-17, o/14 B vertrap opponente met ‘n prag-telling van 48-0, o/15 A wen met 10-0, o/16 A wen met 19-15, die 2de span wen met 27-17, en die eerste span wen met 13-10. Hokkie - Ligbron o/14 dogters wen met 2-3, o/15 dogters speel gelykop met 0-0, beide o/16 dogters en o/16 seuns wen met 3-0, tweede span dogters wen met 5-0, eerste span dogters wen met 2-0, en die eerste span seuns wen met ‘n puik telling van 6-0. Netbal - Ligbron o/14 A verloor 7-23, o/14 B verloor 1-16, o/15 A verloor 5-29, o/16 A verloor 9-24, o/16 B verloor 5-17, die tweede span verloor 9-15, en die eerste span verloor 12-46.