top of page

Ligbron OBBG weeg en wen-mielieprojek

SM HATTINGH

7 September 2021

"Ons bedank graag die volgende borge: ETG, Pannar, Oosvaal Landbou, MBFi, Villa, Omnia, Monsanto, FPS Bulk en Agri Benodighede."

Toe die Ligbron OBBG Weeg en Wen-Mielieprojek op 8 Oktober 2020 geloods is deur Erhard Prinsloo, het die organiseerders min besef dat die uitkoms hul wildste drome sou oortref. Verskeie boere van die omgewing het deelgeneem aan hierdie suksesvolle projek, en die Ligbron OBBG spreek graag hul opregte dank uit aan die Ermelo- gemeenskap vir hul getroue ondersteuning. Die gala-aand is aangebied op Donderdag, 2 September, by die stylvolle Kralinbergh Estate, met die bekende gaskunstenaars, Nadine Blom en Andrew Roos.

Ermelo se eie musiek kenner het luister verleen aan die aand. Die boere was dit eens dat hierdie seisoen ‘n buiten gewoon hoë opbrengs gelewer het, en onder die professionele leiding van mnr. Neels van der Schyff en mnr. Carl Jacobsz van Omnia, is die wenners bepaal en aangekondig. Dit het ‘n antwoord op die jaar se wonder en spekuleer gebring , daar is geweeg… en wie het gewen? Die vier boere met die hoogste opbrengs per hektaar is beloon. Die eerste en tweede plek is los geboer deur mnre. Christiaan Paul en Ruan Paul van KRC Farming. Hulle ontvang gesamentlik prysgeld ter waarde van R250 000, geskenk deur Ligbron OBBG. Mnr. Johan van Niekerk, in die derde plek, ontvang ‘n grassnyer geborg deur Agri Benodighede.

Die vierde plek, beklee deur mnr. Fanus Stapelberg, ontvang Omnia presisie boerdery ontledings ter waarde van R40 000. Elkeen van die ander deelnemers het ‘n sakkie Dekalb Monsanto-saad ontvang. Die kwaliteit en sukses van so ‘n wenprojek is nie haalbaar sonder die insette van ons getroue borge nie. "Ons bedank graag die volgende borge: ETG, Pannar, Oosvaal Landbou, MBFi, Villa, Omnia, Monsanto, FPS Bulk en Agri Benodighede."

bottom of page