Landties fietsryers vaar uitstekend

press to zoom

press to zoom
1/1

SH HATTINGH

16 March 2021

Hulle het vir 'n begin die 10km gery, en tot verbasing uitstekende uitslae gelewer.

Morgenzon Landbou Akademie het hierdie jaar ook begin met fietsry as 'n sport. Die leerders oefen al vir 'n wyle baie hard. Op Sondag, 14 Maart 2021, het die leerders aan hul eerste kompetisie deelgeneem in Alberton. Hulle het vir 'n begin die 10km gery, en tot verbasing uitstekende uitslae gelewer. Ruan Lombard en Juan Zeelie het onderskeidlik 2de en 3de plekke behaal uit 'n groep van 90 deelnemers in die 10km.