top of page

Landties blink uit op alle vlakke

SM HATTINGH

2 March 2022

Dankie aan al die deelnemers vir julle betrokkenheid, oorspronklikheid, skoonheid en vermaak.

Maandag, 14 Februarie. Die groot dag breek aan vir almal wat verlief, verlore en opsoek is. Hoeveel harte gebreek is en hoeveel harte na die dag ongeskonde gebly het sal ons net kan wonder. Maar nietemin was Landtieland verander in Wonderland. Heerlike eetgoed het honger magies volgemaak en al die oortollige energie is al dansend verbrand. Baie dankie aan al die ouers wat ons gehelp het, met donasies, borge, saaldekor en opmaak tot laat in die aande. Dankie aan elke Graad 11 en Graad 11-ouer wat gesorg het vir al die Valentyn items wat ons kon verkoop en dat julle dit met soveel entoesiasme gedoen het. Dis ‘n riem onder ons harte. Juffrou Nelanie, baie dankie vir al jou organisering. Dit was puik. Sonder jou was ons ‘n druppel in die emmer.

“Sal jy my Valentyn wees?”, was egter nie die hoofvraag aan die orde van die dag nie. NEE! “Wie is meneer en mejuffrou Landtie?”, het koning gekraai. Na stresvolle onderhoude, opwindende fotosessies, modeparade loop, vrae beantwoord en wag vir uitslae - was die skrif aan die muur: Meneer Landtie: Juan Zeelie, Mejuffrou Landtie: Sharon Eggar, Eerste Prins: Ludwig Venter, Eerste Prinses: Melandri Meiring, Tweede Prins: Albert Smit, Tweede Prinses: Doné Smit, Meneer Persoonlikheid: Ludwig Venter, Mejuffrou Persoonlikheid: Sharon Eggar, Meneer Fotogenies: Ludwig Venter en Mejuffrou Fotogenies: Dominic Snyman. Baie dankie aan ons beoordeelaars vir julle tyd en opoffering. Mnr. Kobus Venter - Model en eienaar van Venter Konstruksie in Bethal, Me. Tanya Maartens - Eienaar van Jenesaisquoi Modelling Academy, Me. Sonnike Lombard - Oud Landtie en Mrs Mpumalanga finalis 2022 en Me. Sune Wolmarans - Oud Landtie en Mrs Mpumalanga finalis 2022.

Dankie aan al die deelnemers vir julle betrokkenheid, oorspronklikheid, skoonheid en vermaak. Julle is almal wenners! En ‘n besondere dankie vir ons eregaste van die ouetehuis van die dorp wat ons kom ondersteun het en dat ons so aand saam met julle kon deel. - Soos ontvang vanaf skool

bottom of page