top of page

Kyk uit vir oud-errie op SuperSport se “Rugby Kuiers”

SM HATTINGH

13 July 2021

Nicky het 6 jaar lank vir die Blou Bulle gespeel, waarna hy daarna ook 'n draai by verskeie ander provinsiale spanne gemaak het.

Die Britse/Ierse Leeus toer tans in Suid-Afrika, en speel wedstryde teen verskeie provinsiale spanne en die Springbokke. Oud-Errie, Nicky van Der Walt, wat in 1993 gematrikuleer het, het in 1997 teen die Britse/Ierse Leeus te staan gekom toe hy vir die Blou Bulle uitgedraf het. Die Blou Bulle het geskiedenis gemaak toe hulle die Britse/Ierse Leeus gewen het, en geen ander provinsiale span kon die Leeus tot dusver klop nie.

Nicky het 6 jaar lank vir die Blou Bulle gespeel, waarna hy daarna ook 'n draai by verskeie ander provinsiale spanne gemaak het. Nicky was die afgelope week te sien op die SuperSport program Rugby Kuiers, wat aangebied word deur Hennie Koortzen en Wynie Strydom. Nicky is tans mede-afrigter van EHS se 0/15 rugbyspan. “Ons is trots op die oud-Errie!”

bottom of page