top of page

Hoërskool Ermelo skitter tydens groentjieskonsert-tradisie

SM HATTINGH

18 May 2021

"Die produksies was oudergewoonte van hoogstaande gehalte en Hoërskool Ermelo is trots om dié tradisie jaar na jaar te kan voortsit, uitdagings en al!”

EHS se jaarlikse groentjieskonsert is een van die grootste tradisies wat die Erries besonder naa an die hart lê. Dit is ‘n uitsonderlike geleentheid vir alle leerders om, in gesonde kompetisie formaat, te ontwikkel: vanaf teks te skryf, kostuums en dekor maak, afrigting, danse uitwerk, tot die tegniese aspekte soos beligting en klank. Daarmee saam word die leerders gedwing om hul gemaksone te verlaat en soms verborge talente en onbekende belangstellings te ontdek. Elke leerder, van die Graad 8’s wat die karakters in die konsert is, die Graad 9’s tot 11’s wat die huis dans doen en dirigente is, tot die Graad 12’s wat aan die hoof van reëlings staan, leer baie vining om nie net onderdruk te werk nie, maar onderdruk te presteer! Alhoewel dié hoogtepunt gesonde kompetisie is tussen die EHS se huise, Dorpshuis, Huis Veltman en Nelstehuis, skree en dans en sing en lééf elke leerder vir hul onderskeie huise!

Uiteindelik is dit egter besonder belangrik dat die Erries onthou: Hoërskool Ermelo is ‘n eenheid! Baie geluk aan die huise wat die volgende toekennings ontvang het: Beste dirigente – Dorpshuis, Beste huisdans – Dorpshuis, Beste tema uitgebeeld – Nelstehuis, Beste advertensie – Dorpshuis, Beste kostuums – Huis Veltman, Beste dekor – Dorp en Huis Veltman, Beste groentjiesdans – Dorpshuis, Beste humor – Nelstehuis en Dorpshuis, Beste nuusberig – Huis Veltman, Roos van die aand – Abigail Venter (Nelstehuis) (Dié toekenning is ‘n nuwe byvoeging en word oorhandig aan enige karakter wat vir die beoordelaars uitgestaan het), Beste byspeler – Wianke Cloete (Nelstehuis), Beste storieverteller(s) –Amori Prinsloo en Rudolph Knoetze (Dorpshuis), Beste akteur – Ruan Grobler (Dorpshuis), Beste aktrise – Kaylin Coetzee (Dorpshuis) en Beste konsert – Dorpshuis. Die algehele wenner vir EHS Groentjieskonsert 2021 is Dorpshuis. “Baie geluk aan elke Graad 8, elke Graad 12, elke dirigent, elke leerder wat weereens met hart en siel opgetree het. Die produksies was oudergewoonte van hoogstaande gehalte en Hoërskool Ermelo is trots om dié tradisie jaar na jaar te kan voortsit, uitdagings en al!”

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page