Hoërskool Ermelo nommer een in Msukaligwa
SHNHATTINGH
27 April 2021
“Hoërskool Ermelo is besonder trots op die prestasie wat die skool, onderwysers en Vosjan behaal het. Dankie vir elkeen se bydrae om te sorg dat EHS se akademie van top gehalte is.”
Op Vrydag, 16 April 2021, het die prysuitdeling van die Msukaligwa 1-streek vir die 2020-matriekuitslae plaasgevind. Nie net is Hoërskool Ermelo die nommer een presterende skool in die GertSibande-distrik nie, maar ook, soos aangewys tydens die Msukaligwa 1-streeksprysuitdeling, neem EHS die eerste plek in vir die beste skool in dié streek. Te danke aan 'n slaagsyfer van 99,1%, en 79% leerders wat slaag met universiteitsvrystelling, het die prestasie die Erries te beurt geval.
Various teachers received certificates for best educator in subject performance in the circuit 2020, with a pass rate of 100%: Pieter du Plooy: Geografie, Elana Fourie: Wiskundige Geletterheid, Lynelle Grobler: English First Additional Language, Diana Loots: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Annaliza Mentz: Rekeningkunde, Restah Pretorius: Rekeningkunde, Erna Schoeman: English Home Language, Faans van der Merwe: Landbouwetenskap, Gerda van Zyl: Afrikaans Huistaal. Vosjan Grey, EHS-President van 2020, het die prys ontvang vir beste leerder in Hoërskool Ermelo. Hy spog met ses onderskeidings, en ‘n gemiddeld van 85,4%. “Hoërskool Ermelo is besonder trots op die prestasie wat die skool, onderwysers en Vosjan behaal het. Dankie vir elkeen se bydrae om te sorg dat EHS se akademie van top gehalte is.”