Hoërskool Ermelo deel in Afrikaanse rolprent
SH HATTINGH
23 February 2021
Die Erries is besonder opgewonde om die eind produk te sien en is dankbaar vir hierdie geleentheid wat die Erries te beurtgeval het.
Die EHS is besonder bevoorreg om deel te wees van ‘n nuwe rolprent, “Mense van die Wind”. Die produksie maatskappy, Azania Productions, het EHS in 2020 genader na aanleiding van die Erries se mooi terrein, geboue en fasiliteite. Die skrywer en regisseur, David Schröder, het die film geskryf met die Ermelo-omgewing in gedagte. Hoërskool Ermelo was Schröder se nommer een keuse om die hoërskool te wees wat ‘n groot gedeelte van die rolprent uitmaak. Klaskamers, stoepe, kafeteria, sport-spankamer, ouditorium, sportvelde en koshuise van Hoërskool Ermelo is ondere ander gebruik vir die verfilming. Die Errie-leerder en –ouers was met groot entoesiasme deel van die produksie as agtergrond-ekstra’s.
Om betrokke te wees by die maak van die film was vir die Erries ‘n baie interessante leerskool – soveel aspekte van die filmbedryf en van wat agter die skerms gebeur, het die leerders se belangstelling geprikkel. Dit sluit in: videografie, beligting, grimering en uitrustings, stel- en kuns-ontwerp, klank- en video-redigering, regie, produksiebestuur, spesiale-effekte, kontinuïteit, om net ‘n paar te noem. Groot name, soos Armand Aucamp, Diani Gernandt, Juan de Wet, Ramey Short, Greta Pietersen, Renier Basson, Nieke Lombard, Msuthu Mbobowana, Magda van Biljon en Erik Holm, is akteurs wat in die rolprent te sien sal wees.
Die storielyn hande loor ‘n bekende sanger van Pretoria wat as gevolg van verskeie verliese uit die stad vlug. Hy (Armand Aucamp) kom soek vrede op ‘n familieplaas buite Ermelo. Met die terugkeer na die platteland, loop hy ‘n vorige liefde van hom raak wat ‘n musiek onderwyser is by die hoërskool. Sal hy sy vrede vind op die platteland? Mense van die Wind se verwagte vrystellings datum is in 2022. Die Erries is besonder opgewonde om die eind produk te sien en is dankbaar vir hierdie geleentheid wat die Erries te beurtgeval het.
Op die foto is die regisseur, David Schröder, besig om vir Juan de Wet (akteur) en Erries GJ Swanepoel en Tiaan Grobler, leiding te gee voor die skiet van ‘n toneel