top of page

Erries spog trots met nog ‘n suksesvolle EHS-Gholfdag

SH HATTINGH

16 March 2021

Daar was ‘n groot verskeidenheid pryse vir die 160 spelers wat ingeskryf was vir die gholfdag.

Op Saterdag, 6 Maart, het Hoërskool Ermelo hulle jaarlikse gholfdag met groot sukses aangebied. Dit is elke jaar ‘n projek wat deur die Errieraad se ouers aangebied word, en die gemeenskap se betrokkenheid spreek boekdele oor die positiewe gesindheid teenoor EHS. Daar was ‘n groot verskeidenheid pryse vir die 160 spelers wat ingeskryf was vir die gholfdag.

Vir die individuele wenners was daar spesifieke pryse: Naaste aan die pen, putjie 4: André Croeser, Naaste aan die pen, putjie 6: Derek Bouwer, Naaste aan die pen, putjie 14: DC Swart, Naaste aan die pen, putjie 16: Mamba Dumezane. Langste dryf, putjie 9: Chanté Boonstra, Langste dryf, putjie 18: Chanté Boonstra, Hoeveelheid gholfballe in houer, nommer 12: Bossie Bosman. Omdat die formaat van die gholfdag ‘n twee-bal-beter-bal was, was die pryse in stelle van twee elk, waaruit die wenners self kon kies. Daar is 24 plekke aangekondig, dus het 48 van die spelers pryse gekry. Die wenners van die dag is as volg: W. Dreyer en A. Croeser wen die dag met 49 punte. In die tweedeplek is F. du Plooy en P. van der Merwe met 47 punte. Op hulle hakke volg T. Leibbrandt en P. Leibbrandt ook met 47 punte. In die vierde plek is J. Nkondo en V. Simelane en E. Neveling en L. Velleman neem die vyfde plek in.

“Hoërskool Ermelo bedank elke speler en borg wat bygedra het tot die sukses van 2021 se EHS-Gholfdag. Al die ondersteuning wat EHS onophoudelik ontvang is wat die Erries van krag tot krag laat groei. Baie geluk en dankie aan die Errieraad, en hul ouers met ‘n puik gereëlde funksie. Julle is die toonbeeld van waar toe die Erries in staat is.”

bottom of page