top of page

Erries spog met plekke in Nasionale Jeugskou top tien

Content Supplied

18 October 2022

Elke provinsie het drie leerders per ouderdomsgroep in geskryf, dus was die deelnemers baie en die kompetisie straf.

Al die Erries wat tydens die vakansie aan die Jeugskou Nasionale kampioenskappe deelgeneem het, het elkeen ’n plek onder die top tien van Suid-Afrika behaal. Dié is ’n besonderse prestasie. Elke provinsie het drie leerders per ouderdomsgroep in geskryf, dus was die deelnemers baie en die kompetisie straf. Deléne Arnoldi behaal ‘n agtste plek in die Senior Kulinêre Kuns-afdeling met ‘n gemiddeld van 73%. Sudré Meyer eindig derde in die Senior Pluimvee-afdeling met ‘n uitsonderlike gemiddeld van 85%. Martionette Rautenbach behaal in die Senior Wolskaap-afdeling ’n vyfde plek met ‘n gemiddeld van 65%, asook ‘n vierde plek in die groepsklasafdeling met ‘n gemiddeld van 74%. In die Senior Konyn-afdeling behaal Anele Mzinyane ‘n negende plek met ‘n gemiddeld van 68% en Amahle Nzimande ’n tiende plek met ’ngemiddeld van 66%. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders met die uitsonderlike prestasies. EHS is met reg trots op die pragtige plekke wat elkeen ingepalm het. Op die foto verskyn (v.l.n.r): Martionette Rauthenbach, Sudré Meyer, Anele Mzinyane, Amahle Nzimande en Deléne Arnoldi.

- Inhoud en foto verskaf deur EHS

bottom of page