top of page

Erries presteer weer op atletiekbaan

SH HATTINGH

16 March 2021

“Baie geluk aan die twee dogters met die prestasies. EHS is trots op julle.”

Op Saterdag, 6 Maart, het twee Erries aan die Athletics Vaal Triangle liga-byeenkoms deelgeneem. Carla Ferreira (o/17) behaal vierde plek in spiesgooi, met ‘n afstand van 38 meter. Michaela Hand (o/14) wen die gewigstoot met ‘n afstand van 10,62 meter. Sy behaal ook derde plek in skyfwerp, met ‘n afstand van 28,58 meter. “Baie geluk aan die twee dogters met die prestasies. EHS is trots op julle.”

bottom of page