top of page

Erries geniet Brangus Beesbeoordelingskursus

SM HATTINGH

216 March 2022

Die leerders moes self diere beoordeel, plaas en ‘n mondelinge eksamen aflê waarop elk punte verdien het

Hoërskool Ermelo se Graad 12 Landbouleerders het op Woensdag, 9 Maart ‘n Brangus beesbeoordelingskursus bygewoon op mnr. Rian van Wyk se plaas. Die dag het afgeskop met ʼn lesing deur mnr. Urban Uys oor die belangrikste aspekte en eienskappe waarna ʼn beoordelaar of beeskeurder moet oplet. Mnr. Andre vd Merwe van die beestelersgenootskap het al die kursusgangers prakties gewys hoe om n dier te beoordeel sodat hulle die teoretiese kennis kan toepas in die praktyk. Daarna het Mnre Uys en Van Wyk die leerders verder touwys gemaak en verder opgelei deur praktiese demonstrasies op verskeie manlike en vroulike diere van verskillende ouderdomme.

Die leerders moes self diere beoordeel, plaas en ‘n mondelinge eksamen aflê waarop elk punte verdien het. Hierdie punte sal deel uitmaak van hulle praktiese punt, wat deel van die vak landbou vorm. Baie dankie aan die Brangus telersgenootskap wat die dag vir die leerders moontlike gemaak het. Billy Te Water het ook by die Chrissiesmeer boeredag, tydens die Graad 10 Landbouleerders se praktiese dag, twee sakke saadmielies van Dekalb gewen. Die deelnemers moes raai hoeveel mieliepitte in n bottel was, waarna Billy die hoeveelheid reggeraai het. Billy gaan die mielies tydens die plantseisoen vir homself op hulle plaas plant. “Baie geluk en mag jy ń goeie oes ontvang, Billy!”

bottom of page