top of page

Errie-Wildehonde hard aan die oefen

SM HATTINGH

31 August 2021

Indien daar nog enige belangstellende is wat graag deel sou wou word van die EHS Wildehonde mini hokkie, is sodanige persoon baie welkom. “Dit maak nie saak hoe klein jy is nie, by die Wildehonde word 'n liefde vir hokkie gekweek!”

Op Vrydag, 20 Augustus 2021, het die EHS Wildehonde se minihokkie-seisoen op Hoërskool Ermelo se astrobaan afgeskop. Pricilla Esterhuyze dien as hoof afrigter, en werk weekliks oefeninge uit vir die aspirant hokkiesterre. Vandeesweek is daar gefokus op trekke navore en na agter, basiese aangee-werk, sowel as aangee- en ontvang tegnieke. Tydens die afrigtingsessies maak die afrigters seker dat elke Wildehondjie al die vereiste oefeninge onder die knie kry.

Mini-wedstyde word aan die einde van die onderskeie sessies gespeel. Vir die afrigters is dit 'n voorreg en vreugde om met al die jong, belowende talent te werk. Die hoof doel van die EHS Wildehonde is dat elke Wildehondjie die oefeninge terdeë moet geniet, met die hoop dat 'n liefde vir hokkie onder die kinders sal pos vat. Indien daar nog enige belangstellende is wat graag deel sou wou word van die EHS Wildehonde mini hokkie, is sodanige persoon baie welkom. “Dit maak nie saak hoe klein jy is nie, by die Wildehonde word 'n liefde vir hokkie gekweek!”

bottom of page