top of page

Errie skitter tussen bekendes

SH HATTINGH

11 August 2020

Hayley moes een van haar monoloë instuur, en is gekies om vir 12 maande saam met hulle te werk. Hierna staan sy 'n kans om in 'n kort film te speel in Februarie 2021. Desire Gardner is beter bekend as Carmen, wat in Suidooster speel.

Hayley van der Walt, ‘n Graad 8-leerder van EHS, het gedurende die grendeltyd deelgeneem aan oudisies vir ABS-Produksies se Speeltoneel 2020, in samewerking met aktrise Desire Gardner. Hayley moes een van haar monoloë instuur, en is gekies om vir 12 maande saam met hulle te werk. Hierna staan sy 'n kans om in 'n kort film te speel in Februarie 2021. Desire Gardner is beter bekend as Carmen, wat in Suidooster speel. Hayley het reeds vanaf 1 Junie 2020 begin werk saam met Desire Gardner, en word via aanlyn lesse deur die bekende aktrise afgerig. “Baie geluk, Hayley! Die Erries is voorwaar trots op jou, en wens jou alle voorspoed toe.”

bottom of page