top of page

Errie-ruiters presteer dat die stof staan

SH HATTINGH

27 April 2021

“Baie geluk aan elke ruiter wat so uitsonderlik presteer het. Julle maak Hoërskool Ermelo keer op keer trots.”

Verskeie EHS-ruiters het aan twee verskillende Mpumalanga- kwalifiserende rondtes deelgeneem vir onderskeie kategorieë, en die Erries het uitstekend presteer. Die rondtes het plaagevind in Badplaas. In die Dresseer Mpumalanga kwalifiserende rondte presteer die volgende leerders as volg: Helené Lotz behaal twee eerste plekke in onderskeidelik Elementary Medium, asook die Dresseer-klas. Simoné Jacobsz palm drie eerste plekke in: een in die Performance Riding-klas en twee in die Novice Dresseer-klas. Sudré Meyer behaal ook ‘n tweede plek in die Equestrian-klas.

In die Mpumalanga Show jumping kwalifiserende rondtes het Hoërskool Ermelo se leerders ook presteer. Die Errie-ruiters behaal die volgende plekke in die onderskeie klasse: Accumulator 70cm-klas: Eerste plek: CJ Steenkamp, Derde plek: Sudré Meyer. Competition 70cm-klas: Eerste plek: CJ Steenkamp, Tweede plek: Sudré Meyer. Competition 80cm-klas: Tweede plek: Mia Steenkamp. Accumulator 90cm-klas: Eerste plek: Mia Steenkamp, Tweede plek: Inge van der Walt. Competition 90cm-klas: Eerste plek: Inge van der Walt, Tweede plek: Mia Steenkamp. Competition 110cm-klas:
Eerste plek: Walter van der Walt, Competition 120cm-klas: Eerste plek: Walter van der Walt. “Baie geluk aan elke ruiter wat so uitsonderlik presteer het. Julle maak Hoërskool Ermelo keer op keer trots.”

bottom of page