top of page

Errie-ruiters gekies vir Mpumalangaspan

Content Supplied

23 August 2022

EHS is trots op elkeen en wens julle alle sterkte toe vir die nasionale kampioenskap wat voorlê.

Die Erries is besonder trots op die volgende leerders wat gekies is vir die SANGWA ruiters Mpumalangaspan. Hierdie ruiters gaan deelneem aan die nasionale kampioenskap vanaf 1 tot 5 Oktober 2022 te Afridome Parys.

Die leerders het aan verskeie kwalifiserende rondtes deelgeneem en is daarvolgens gekies as deel van die span. Die leerders verteenwoordig die Erries vanaf vlakke een tot vier. Ruiterkuns vat baie opoffering vanaf hierdie leerders en die Erries werk besonder hard om uitsonderlike uitslae te bereik. Die Errie-waardes word sowaar deur hierdie leerders uitgeleef.

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is vir die span: Mia Botha, Jade van Strijp, Karmien Pretorius, Zané Theron, Mia van Aardt, Carli Huber, Melissa Olivier, Inge van der Walt en Walter van der Walt. EHS is trots op elkeen en wens julle alle sterkte toe vir die nasionale kampioenskap wat voorlê. - Inhoud en foto’s verskaf deur EHS

bottom of page