top of page

Errie nommer een atleet in SA

INHOUD VERSKAF

18 Augustus 2020

Tyrone het beide die uitslae wat ingestuur is, behaal tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms, waaraan hy op 5 Februarie 2020 deelgeneem het. Hoërskool Ermelo is met reg trots op Tyrone met dié uitsonderlike prestasie.

Tyrone Berning, ‘n Graad 8 leerder van EHS, is aangewys as die nommer een seuns atleet in Suid-Afrika Skole Sport Sterre, in beide hoogspring en 300 meter hekkies, in die o/14-ouderdomsgroep. Hy spog met ‘n uitstekende tyd van 40.31 sekondes in die 300 meter hekkies, en met ‘n hoogte van 1.8 meter in hoogspring. Die plasings van die SA Skole Sport Sterre is bepaal deur die beste tye en/of afstande wat die atlete behaal het tydens 2020 se atletiek seisoen. Tyrone het beide die uitslae wat ingestuur is, behaal tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms, waaraan hy op 5 Februarie 2020 deelgeneem het. Hoërskool Ermelo is met reg trots op Tyrone met dié uitsonderlike prestasie. “Dit dui op harde werk, deursettingsvermoë, genade en hope talent. Baie geluk, Tyrone!”

bottom of page