top of page

Errie dans plek los in Danslyn 2020

INHOUD VERSKAF

18 Augustus 2020

Sy behaal ‘n brons medalje in die Street Dance-kompetisie. Na aanleiding van hierdie uitstaande prestasies wat Johnke behaal het, is sy gekies om deel te wees van ‘n ABS-produksie, Danslyn 2020, wat verskyn op kykNET.

'n Graad 9-leerder van Hoërskool Ermelo, Johnke Prinsloo, het tydens die inperkingstyd deelgeneem aan SDS- (Solo Dance Schoolsport), SDL- (Solo Danca Latina), asook Street Dance-kompetisies. Die plekke vir die kompetisies is behaal na die beoordeling van video’s wat die deelnemers ingestuur het. Johnke verower 12 goue medaljes, drie silwer medaljes, drie brons medaljes, ses vierde plekke, een vyfde plek en drie sesde plekke in die Solo Dance School sport-kompetisie.

Die kategorieë waaraan sy deelgeneem het, sluit onderandere Hip Hop, Performing Arts, Solo Latin, Rhythm & Movement, Cha Cha, R&M en Street Fixture in. In die Solo Dança Latina-kompetisie behaal sy vyf goue medaljes, twee silwer medaljes, drie brons medaljes en twee vierde plekke. Die kategorieë waaraan Jonhke tydens dié kompetisie deelgeneem het is Energy, Samba, Jive, Bhangra, Jazz, Spanish, Cha Cha, Slow Style, Ballet en Paso Doble. Sy behaal ‘n brons medalje in die Street Dance-kompetisie. Na aanleiding van hierdie uitstaande prestasies wat Johnke behaal het, is sy gekies om deel te wees van ‘n ABS-produksie, Danslyn 2020, wat verskyn op kykNET. Baie geluk, Johnke. Die Erries is trots op jou. Mag jou hart en voete saam dans op die ritme van jou sukses. Baie geluk, Johnke. Die Erries is trots op jou. Mag jou hart en voete saam dans op die ritme van jou sukses.

bottom of page