top of page

Errie-atlete presteer tydens landloop byeenkoms

SM HATTINGH

31 August 2021

“Baie geluk aan bovermelde atlete, en baie sterkte met jul voorbereiding vir toekomstige byeenkomste. Die Erries hou julle flinke tred met groot belangstelling dop!”

Op 18 Augustus het die Erries se landloop atlete aan 'n landloop byeenkoms te Hoërskool Hertzog deelgeneem. Daar was slegs een byeenkoms vir 2021, en die Erries het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die volgende atlete verdien besondere vermelding: BongmusaVilakazi eindig eerste (seuns o/16), Chester Mpahlele behaal derde plek (seuns o/16), Nicolas Steyn vierde plek (seuns o/14), Mia Steenkamp eerste plek (dogters o/16) en Zané du Plessis tweede plek in dieselfde ouderdomsgroep. Caylin Loock eindig eerste in die afdeling vir dogters o/17. “Baie geluk aan bovermelde atlete, en baie sterkte met jul voorbereiding vir toekomstige byeenkomste. Die Erries hou julle flinke tred met groot belangstelling dop!”

bottom of page