top of page

EHS verwelkom nuwe gholf afrigter

SH HATTINGH

2 March 2021

EHS is bevoorreg om hom in EHS se midde te hê, en sien uit na die suksesse wat op EHS-gholf wag.

Hoërskool Ermelo is besonder opgewonde om mnr. Eddie Daniel te verwelkom as nuwe gholf afrigter van die Erries. Mnr. Daniel is welbekend in Suid-Afrika se gholf kringe as gholfer wat die meeste ope-toernooie as amateur gewen het. Die Kanyaope-gholftoernooi is onder andere deel van dié wen prestasies. EHS is bevoorreg om hom in EHS se midde te hê, en sien uit na die suksesse wat op EHS-gholf wag. Op die foto verskyn mnr. Eddie Daniel (tweede ry van voor, links) en mnr. Pieter Grobler (tweede ry van voor, regs) saam met van Hoërskool Ermelo se gholfspelers, rég en opgewonde vir 2021.

bottom of page