top of page

EHS-Tienertoneel versamel toekennings by Streeksfees

SM HATTINGH

Baie geluk aan elke leerder en regisseur met die toekennings en toneelstukke uit die boonste rakke.

Op 2 Augustus het drie van Hoërskool Ermelo se toneelstukke aan die ATKV-Tienertoneel: Gauteng streeksfees 2 deelgeneem. Dit het te Unisa Little Theatre in Pretoria plaasgevind. Die terugvoer vanaf die beoordelaars, Pietie Beyers en Marie-Heleen Coetzee, was teenoor EHS, asook elke stuk individueel, besonder positief! Die blootstelling aan kompetisie van ’n uitsonderlike hoë standaard was vir die leerders en onderwysers ’n uitnemende leerskool en aangename ervaring. Die toneelstukkie behaal die volgende toekennings: Streng geheim: Produksie: Brons. Mnr Lourie du Plooy en Mnr Ruben Fouché: Brons vir regie, Mnr Lourie du Plooy en Mnr Ruben Fouché Brons vir klankbaanontwerp en/of samestelling, Wianke Cloete: Silwer vir Klankoperateur, Ruan Grobler: Brons vir individuele spel, Chrizanne Joubert: Brons vir individuele spel, An-Euné van Niekerk: Brons vir individuele spel en Franco Gibbens: Silwer vir individuele spel.

kameR-5: Produksie: Silwer. Carla-Marie Myburgh: Bronsas Dramaturg: Me Mariaan Rust en Me Marli Murray: Silwer vir regie, Me Mariaan Rust en Me Marli Murray: Silwer vir Stelontwerp en -inkleding, Me Mariaan Rust en Me Marli Murray: Silwer vir Klankbaanontwerp en/of samestelling, Tian Luyt: Brons vir beligtingsoperateur, Isabelle Moussier: Brons vir individuele spel, Elizma Swart: Brons vir individuele spel, Mia van Deventer: Brons vir individuele spel, Lidmari Sheppard: Brons vir individuele spel, Mia Steenkamp: Brons vir individuele spel, Rebecca Cloete: Silwer vir verhoogbestuur, Eliska Duvenhage: Silwer vir klankoperateur en Mienke Cloete: Goud vir individuele spel.

Al wat ek wil hê: Produksie: Silwer. Zara-Brezette Büchling: Silwer vir regie, Johan Strauss: Silwer vir ensemble spel, Marice de Jager: Silwer vir ensemble spel, Tilana Uys: Silwer vir ensemble spel, Zané du Plessis: Silwer vir ensemble spel, Liam Wilkinson: Silwer vir ensemble spel, Ignus Ferreira: Silwer vir ensemble spel, Otto van Schalkwyk: Silwer vir ensemble spel, Zanéke Ludick: Silwer vir ensemble spel, Ancois van den Berg: Silwer vir ensemble spel, Isabella Burgers: Silwer vir ensemble spel, Abigail Randall: Brons vir verhoogbestuur, Jan-Maarten van Schalkwyk: Brons vir beligtingsoperateur, Kayla van der Meyden: Brons vir beligtingsoperateur en Rikus van der Bank: Brons vir klankoperateur.

Die lys toekennings getuig van uitstekende toneel en dissipline wat die leerders deur die loop van die jaar getoon het. Baie geluk aan elke leerder en regisseur met die toekennings en toneelstukke uit die boonste rakke! Hoërskool Ermelo is met reg besonder trots op wat EHS-kultuur vermag. (EHS)

bottom of page