EHS se 2020-matriekgroep vier hermerk-uitslae
SM HATTINGH
4 May 2021
"EHS is dankbaar vir die uitslae en vir die seën wat weereens oor die Erries uitgestort is.”
Op Donderdag, 22 April,was die hermerk-uitslae van 2020 se matriek eindeksamen bekend gemaak. Hoërskool Ermelo is besonder trots op elke 2020-matriek wat met die hermerk beter uitslae verkry het. Vosjan Grey verbeter sy gemiddeld tot 86,1%, en spog nou met sewe onderskeidings. Hy het ‘n A-simbool vir Afrikaans Huistaal by gekry (80%). Hy behaal ook beter punte in Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde en Lewenswetenskap. Anja Wege behaal ‘n A-simbool vir Besigheidstudies, wat haar ‘n totaal gee van drie onderskeidings. Sinethemba Shongwe en Amy Greyling kry elk een A-simbool by. Bianca Cronjé, Chad Coetzee en Gawie Diedericks het elk ‘n simbool verandering. Hoërskool Ermelo kry na die hermerk vier A-simbole by wat die totaal nou laat op 93-A’s, asook een B-simbool en een C-simbool. Die totale is nou onderskeidelik 144 en 173. “Baie geluk aan elke leerder wat na die hermerk met beter punte spog. EHS is dankbaar vir die uitslae en vir die seën wat weereens oor die Erries uitgestort is.”