top of page

EHS Landsdiens skop af met ‘n virtuele kamp

INHOUD VERSKAF

11 Augustus 2020

Die leerders moes ook self ‘n TikTok dansie uitwerk, werkskaf in die tuin, iemand in die huis ‘n poets bak, saam met hul troeteldier gaan draf en vir hande-arbeid iets met hul hande maak. Foto’s en video’s van die aktiwiteite moes aan die onderwysers deur gestuur word as bewys daarvan dat die aktiwiteite wel voltooi is.

Hoërskool Ermelo begin DV eers amptelik in 2021 met Landsdiens, maar ons is bevoorreg om reeds vyf geregistreerde lede te hê! Marice de Jager, Mariska en Anke van Biljon, Divana Smit en Johnke Prinsloo het vanaf 31 Julie tot 2 Augustus aan Mpumalanga se provinsiale virtuele kamp deelgeneem. Die leerders moes hul eie sakke pak, tent opslaan en die naweek daarin slaap!

Hulle was verantwoordelik om self stokbrood te braai, hamburgers te maak, ‘n ontbyt aanmekaar te slaan en potjiekos te maak. Daar was nie veel tyd vir rondsit en niks doen nie: pa of ma se kar moes gewas word, daar is Saterdag oggend al douvoordag aërobiese oefeninge gedoen, Bybelstudie gehou en hindernisbane gebou! Die leerders moes ook self ‘n TikTok dansie uitwerk, werkskaf in die tuin, iemand in die huis ‘n poets bak, saam met hul troeteldier gaan draf en vir hande-arbeid iets met hul hande maak. Foto’s en video’s van die aktiwiteite moes aan die onderwysers deur gestuur word as bewys daarvan dat die aktiwiteite wel voltooi is. Welgedaan aan die Erries se pionier-Landsdieners! Julle maak ons trots en ons sien sommer vreeslik uit na al die lekker Landsdiens-kampe en byeenkomste van 2021!

bottom of page