top of page

EHS-Krieket klop Carolina Akademiese Skool op krieketveld

SM HATTINGH

31 August 2021

Die Erries se span stap met goeie ervaring uit dié wedstryd, en bedank Carolina Akademiese Skool vir dié geleentheid. “Baie sterkte met die komende seisoen, Erries. EHS hou jul dop en sien uit na julle spog spel op die krieket veld.”

Die Erries se eerste krieket span het op Woensdag, 25 Augustus, op uitnodiging na Carolina Akademiese Skool gereis vir hul eerste wedstryd van die 2021-seisoen. Dié wedstryd was die eerste van twee vriendskaplike wedstryde wat die Erries sal speel ter voorbereiding vir die liga-seisoen wat voorlê. EHS wen die loot, en besluit om eerste te kolf. Op ‘n uiters uitdagende “flexi”-blad kwyt die Errie-aanvangs kolwers hul goed van hul taak, en bou ‘n sterk fondasie vir ‘n belowende telling. Aanvangskolwer, Rian Barnard, lei sy span se aanslag met ‘n fenomenale beurt. Na slegs 80 aflewerings, bereik Barnard sy honderdtal. Twaalf balle later eindig hierdie belowende speler sy beurt op 131 lopies. Die Errie-kolwers handhaaf deurgaans ‘n goeie lopie tempo van 10.44, en eindig hul beurt na die toegelate vyf-en-twintig beurte, op ‘n telling van 261 vir die verlies van ses paaltjies.

Met die bal in die hand het die Errie-boulers uit die staanspoor gewys wat te wag te kan wees, en het met ‘n paar vurige aflewerings hul opponente vroeg reeds op die agter voet geplaas. Spel is egter kortliks gestaak as gevolg van reën. Na die breuk het die Erries vinnig met hul opponente afgereken. Carolina kon slegs 40 lopies vermag, voor hul deur vlugtige en effektiewe boulwerk uit geboender is. Tiaan Grobler neem vier paaltjies, met geen lopies afgestaan nie in slegs twee boul beurte. Daar was ook groot opwinding vir openings bouler, Corné Janse van Rensburg, wat ‘n driekuns behaal het. Die Erries se kaptein, Corné Janse van Rensburg, spog ook met besonderse syfers van drie paaltjies vir drie lopies in drie boul beurte.

Die Erries se span stap met goeie ervaring uit dié wedstryd, en bedank Carolina Akademiese Skool vir dié geleentheid. “Baie sterkte met die komende seisoen, Erries. EHS hou jul dop en sien uit na julle spog spel op die krieket veld.”

bottom of page