EHS kondig leierrade vir 2023 aan
Content Supplied
30 August 2022
Alles in ag genome, getuig die verkiesing van die 2023 Errie-leierskorps van ‘n besondere groep leerders.
'n Tasbare gees van opwinding het op Donderdag, 25 Augustus, by Hoërskool Ermelo geheers ten tyde van die verkiesing en bekendstelling van 2023 se leierrade, naamlik die Errieraad, koshuisrade asook die graadverteenwoordigers. Leierskapsontwikkeling is vir Hoërskool Ermelo van kardinale belang, omdat dit 'n wesenlike bydrae lewer tot die vorming van leerders, veral met betrekking tot leerders se volwasse en beroepsgerigte lewe na skool. Om dié rede is dit vir die EHS van groot belang om leerders te onderskraag en aan hulle die nodige leierskapshulpmiddels te bied ten einde elke individu se leierskapstyl optimaal te ontgin en uit te bou. Hartlik geluk aan elke verkose leier. Die Erries staan bankvas agter julle en wens julle alle voorspoed toe met al die uitdagings wat 2023 aan jul gaan stel.
Errieraad 2023: Dogters (alfabeties): Isabella Burgers, Mienke Cloete, Rebecca Cloete, Zané du Plessis, Luzaan Durand, Eliska Duvenhage, Inge Greyling, Simoné Jacobsz, Zanéke Ludick, Andraya Macheyo, Anzé Mentz, Nicole Meyer, Isabelle Moussier, Yoliswa Ndlangamandla, Lesedi Ntuli, Mia Steenkamp, Ancois van der Berg, Inge van der Walt, Jaclyn Venter, Caitlin Williams en Nqobile Zwane. Seuns (alfabeties): Adam Barnard, Rian Barnard, Ernst Bredenhann, Antoine Changuion, Adriaan Davel, Charlie du Plessis, Maritz Hancke, Zian Kotzé, Leo Luyt, Gideon Muteb-Mbak, Siphesihle Nkambule, Cobus Pretorius, Louis Rouillard, Johan Strauss, Raees Tikly en Bongamusa Vilakazi. Presidente: Mienke Cloete en Johan Strauss. Vise-presidente: Zané du Plessis en Raees Tikly. Sportvoorsitters: Jaclyn Venter en Bongamusa Vilakazi. Kultuurvoorsitters: Isabella Burgers en Leo Luyt. Sekretarisse: Eliska Duvenhage en Maritz Hancke. Penningmeesters: Inge van der Walt en Louis Rouillard.
Hotelraadvoorsitter: Caitlin Williams. Dorpshuis-voorsitters: Inge Greyling en Ernst Bredenhann. Huis Veltman-voorsitter: Adriaan Davel. Nelstehuis-voorsitter: Mia Steenkamp. Koshuisrade: Dorpshuis Raad: Ernst Bredenhann, Inge Greyling, Anzé Mentz, Isabelle Moussier, Gideon Muteb-Mbak, Yoliswa Ndlangamandla, Njabulo Nkosi, Johan Strauss, Raees Tikly, Bongamusa Vilakazi en Nqobile Zwane. Graadverteenwoordigers: Simphiwe Kunene en AJ Ludick (Graad 9), Amori Prinsloo en Ruan Grobler (Graad 10) en Melissa Olivier en Njabulo Zwane (Graad 11). Huis Veltman Raad: Antoine Changuion, Adriaan Davel, Charlie du Plessis, Maritz Hancke, Zian Kotzé, Leo Luyt, Cobus Pretorius en Louis Rouillard. Graadverteenwoordigers: Dick Rouillard (Graad 9), Ulric Badenhorst (Graad 10) en Carel Jacobsz (Graad 11). Nelstehuis Raad: Isabella Burgers, Rebecca Cloete, Mienke Cloete, Zané du Plessis, Eliska Duvenhage, Simoné Jacobsz, Nicole Meyer, Mia Steenkamp, Inge van der Walt en Jaclyn Venter. Graadverteenwoordigers: Jani Uys (Graad 9), Elizma Swart (Graad 10) en Esmari Visagie (Graad 11).
Alles in ag genome, getuig die verkiesing van die 2023 Errie-leierskorps van ‘n besondere groep leerders. Hoërskool Ermelo sien vol verwagting daarna uit om te sien wat hulle gaan vermag! - Inhoud en foto’s verskaf deur EHS