top of page

EHS-gholf behaal weer eerste plek

SM HATTINGH

25 May 2021

“Baie geluk aan dié seuns met uitstekende tellings en pragtige gholf. EHS is trots op elkeen.”

Op Vrydag, 21 Mei, het een van die Erries se gholfspanne die volgende rondte liga gaan speel op Volksrust. As gevolg van die COVID-regulasies, kon daar net een span aan dié liga-rondte deelneem. EHS se A-span verteenwoordig egter die Erries uitstekend, en stap as wenners van die baan af. Dié span is goed op dreef om die liga te wen, met net nog een rondte om te speel. Die tellings van die spelers is as volg: Tobie Leibbrandt behaal15 punte, Wian Swart behaal 14 punte, Liam Kitchenmaster 13 punte en Pieter Leibbrandt 11 punte. “Baie geluk aan dié seuns met uitstekende tellings en pragtige gholf. EHS is trots op elkeen.”

bottom of page