top of page

EHS bedank borge vir opgradering van tegnologie

SH HATTINGH

23 March 2021

George Couros het gesê: “Technology will not replace great teachers, but technology in the hands of great teachers can be transformational.”

Alhoewel tegnologie in die klaskamer nooit ‘n goeie onderwyser sal kan vervang nie, is die beskikbaarheid van dié hulpmiddels definitief gereedskap om enige onderwyser se taak te vergemaklik. Hoërskool Ermelo bedank die ErrieUnie, asook Nashua Highveld wat elk groot bedrae geskenk het vir die opgradering van tegnologie in die Erries se klaskamers. Dit sluit onderandere nuwe projektors, witborde en “visualizers” in. “Baie dankie vir u volgehoue betrokkenheid by EHS en die ondersteuning waarby die Erries baat.”

George Couros het gesê: “Technology will not replace great teachers, but technology in the hands of great teachers can be transformational.” Hierdie waarheid is iets wat die Erries daagliks ervaar. Op die foto is me Dedré Schoeman besig om klas te gee, vergemaklik deur tegnologie vir beide die leerders en die onderwyser.

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page