top of page

Dirkie van Staden palm pryse in

SM HATTINGH

4 May 2021

EHS is besonder trots op meneer Dirkie van Staden, wat twee pryse ingepalm het by die toekenningsgeleentheid van die South African Independent Artist Awards wat op Woensdag, 28 April 2021 plaasgevind het.

EHS is besonder trots op meneer Dirkie van Staden, wat twee pryse ingepalm het by die toekenningsgeleentheid van die South African Independent Artist Awards wat op Woensdag, 28 April 2021 plaasgevind het. Na aanleiding van die pryse waarvoor twee van meneer van Staden se duo-groepe genomineer is, het albei die onderskeie groepe pryse ingepalm: STRINGS ON FIRE wen die prys vir die Best Instrumental Album. WORLD@SOUTH word die prys vir Award of Appreciation for Best Instrumental Single toegeken. Meneer van Staden is deel van die EHS-musiek departement waar hy onderrig gee in verskeie instrumente, onder andere klassieke en moderne ghitaar, ukulele, saksofoon, franse horing, trompet en tromboon. “Baie geluk aan meneer Van Staden. Hoërskool Ermelo is besonder trots op hierdie prestasie. Dis voorwaar iets om op trots te wees.”

bottom of page