top of page

ATKV Tienertoneel maak golwe

SM HATTINGH

24 August 2021

Die toneel is `n kombinasie van digkuns, sang, ballet en drama. Die optrede het te Roodepoort teater in Johannesburg plaasgevind, op 14 Augustus 2021.

“Kettings” vertel die verhaal van `n dogter wat haarself moet vergewe. Deur die loop van die verhaal praat sy met drie karakters/spoke, mense van haar verlede wat oorlede is. Deur hierdie gesprekke vind sy bevryding, en is dit vir haar moontlik om meer en meer kettings van haarself af te haal. Janneke de Villiers het die hoofrol vertolk, en Lohan Coetzee het die rol van die beste vriend gespeel. René Walters het die rol van haar ma gespeel, en Marzé du Plessis het die rol van haar sussie gespeel. Die toneel is `n kombinasie van digkuns, sang, ballet en drama.

Die optrede het te Roodepoort teater in Johannesburg plaasgevind, op 14 Augustus 2021. Mari Molefe van Heerden en Pietie Beyers was as beoordelaars aangewys, en Janneke de Villiers, Lohan Coetzee, René Walters en Marzé du Plessis was betrokke by die toneelspel. Janneke de Villiers het spesiale bedanking ontvang vir spel in die produksie, en het brons behaal. Renske van Niekerk, ‘n Ligbron onderwyser, het spesiale dank ontvang vir stelontwerp en -inkleding, en het silwer behaal.

bottom of page