top of page

Agt Erries neem deel aan Oppie-Tong-Af se nasionale finaal

SH HATTINGH

20 October 2020

Raees Tikly vaar besonder goed, en behaal ‘n lands wye tweede plek in sy afdeling. “Raees, die Erries is geweldig trots op jou! Hartlik geluk aan elke leerder wat deelgeneem en hul Godgegewe talente nog fyner kom slyp het. Hoërskool Ermelo is trots op ons agt Erries wat gewis nie op hul bekke geval is nie!”

Verskeie Erries het die afgelope week aanlyn aan die nasionale finaal van die Oppie-Tong-Af-redenaars kompetisie deelgeneem. Caylin Loock, Carla Ferreira, Danielle Koçaj en Jenna Oosthuizen het in die Afrikaanse voorbereide span redenaars afdeling meegeding. Die individuele redenaars het in die volgende kategorieë meegeding: LeandriViviers (Afrikaanse voorbereide toespraak), Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide toespraak), RaeesTikly (Engelse motiveringstoespraak) en Mienke Cloete (Goue Tong). In die Goue Tong-afdeling ontvang leerders ‘n onderwerp, en slegs 5 minute voorbereidingstyd, waarna hul ‘n toespraak van 5-7 minute moet lewer.

bottom of page