top of page

14 Erries deur na Con Spirito Kunswedstryd-finaal

Content Supplied

23 August 2022

Hoërskool Ermelo is dankbaar en voel bevoorreg dat 14 leerders daarin kon slaag om deur te dring na die nasionale finaal.

Op Vrydag, 21 Julie 2022, het 21 leerders van Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die jaarlikse nasionale Con Spirito-kunswedstryd. Die leerders het in die volgende kategorieë meegeding in Afrikaans en/of Engels: instrumentaal, vokaal, kuns, skryfkuns, lees (voorbereid en/of onvoorbereid) asook redenaars (voorbereid en/of onvoorbereid). Daar is twee uitdunrondes in Mpumalanga gehou: een te Hoërskool Secunda en een te Hoërskool Ermelo. Uit die Mpumalanga-uitdunne het die Erries 18 itemwenners (m.a.w. beste in die provinsie) opgelewer. Indien ‘n leerder nie as item wenner aangewys is nie, maar steeds ‘n hoë genoeg punt behaal het, dring die betrokke leerder steeds deur na die nasionale finaal, bekend as die Forte-ronde.

Verskeie Erries het aan meer as een item deelgeneem. Die uitslae is as volg: 70% en hoër: 2 items, 80% en hoër: 19 items, 90% en hoër: 30 items. ‘n Ekstra pluimpie aan die twee EHS-leerders wat die hoogste punte behaal het: Marice de Jager (voorbereide redenaars) & Mar-Louise Viljoen (kuns: kleurpotlood) wat albei spog met ‘n skitterende 98%. Hoërskool Ermelo is dankbaar en voel bevoorreg dat 14 leerders daarin kon slaag om deur te dring na die nasionale finaal.

Die Erries se Forte-finaliste is as volg: Madri van Niekerk, Mar-Louise Viljoen, Daniël Mostert, Siyabonga Makhanya, Dirk Maritz, Lidmari Sheppard, Robin Jooste, Ziyanda Kunene, Isabelle Moussier, Chrizanne Joubert, Nqobile Zwane, Shoney Erasmus, Marice de Jager en Zané du Plessis. Hierdie leerders gaan DV tussen 20 September en 1 Oktober in Alberton meeding teen al die ander landswye finaliste. Erries, ons wens julle alle sterkte toe met jul laaste voorbereidings en weet dat julle Errie-kultuur se naam hoog gaan hou! - Inhoud en foto’s verskaf deur EHS

bottom of page