top of page

Vuurwapenamnestie verleng tot 2021

GK CRONJE

24 November 2020

Die vuurwapenamnestie wat einde Julie vir 'n tydperk van ses maande deur die parlement goedgekeur is, het op 1 Augustus 2020 begin en duur tot 31 Januarie 2021.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die beperkings van vlakke 5 en 4 het mense verhinder om onwettige, sowel as hul ongelisensieerde en ongewenste vuurwapens en ammunisie in te lewer. Die vuurwapenamnestie wat einde Julie vir 'n tydperk van ses maande deur die parlement goedgekeur is, het op 1 Augustus 2020 begin en duur tot 31 Januarie 2021. Die vorige amnestietydperk, wat ook vir 'n tydperk van ses maande bedoel was, is ontspoor deur die onverwagse COVI-19-pandemie, maar ten spyte hiervan het die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) 'n totaal van 46 714 vuurwapens ontvang.

Die amnestietydperk skep 'n geleentheid vir lede van die publiek om ongewenste vuurwapens, of vuurwapens wat onwettig besit word, aan die SAPD oor te gee sonder om bang te wees dat hulle vervolg sal word. Diegene wat hul vuurwapens gedurende die periode van amnestie oorgee, moet die nodige vorms invul en onderteken by die naaste polisiekantoor, en moet aandring op 'n afskrif van die SAPS 548 (Amnestie-vorm). Lede van die publiek word versoek om van hierdie tydperk gebruik te maak om die vuurwapens en ammunisie in te handig vir vernietiging, of hernuwing van 'n bevoegdheidsertifikaat en 'n geldige lisensie.

Al die vuurwapens wat ingehandig is, sal ballistiese toetse ondergaan om te verseker dat dit nie gebruik is in die pleeg van misdade voordat dit vir vernietiging oorweeg kan word nie. Vir meer inligting, word die gemeenskap aangemoedig om hul plaaslike polisiekantoor, of die Central Firearms Register (CFR) inbelsentrum te kontak by 012 353 6111, en korrupsie by 0800 701 701 aan te meld.

bottom of page