Vuurwapen amnestie word verleng
GK CRONJE
4 Augustus 2020
Die polisie het gesĂȘ geen vrywaring word toegestaan vir vuurwapens wat gebruik word om enige misdaad te pleeg nie, en alle vuurwapens wat ingehandig is, sal ballisties getoets word om te verseker dat dit nie gebruik is in die pleging van misdade voordat dit vir vernietiging oorweeg kan word nie.
Onwettige vuurwapeneienaars kry 'n tweede kans met die nuwe vuurwapenperiode wat sal duur tot 31 Januarie 2021. Die vorige amnestietydperk was vanaf Desember verlede jaar tot Mei vanjaar, maar is deur die COVID-19 pandemie in die wiele gery. Die SAPS glo dat daar baie meer vuurwapens daarbuite is wat nog oorgegee moet word, en het die beperkings op Vlak 4 en 5 van grendeltyd verhinder dat mense hul onwettige, ongewenste en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie inslaan. Dit het die minister van SAPS, generaal Bheki Cele, genoop om die parlement te nader om 'n nuwe aansoek van 'n amnestietydperk van ses maande goed te keur.
Die goedkeuring van die nuwe aansoek is sedertdien op 31 Julie vanjaar in die Staatskoerant gepubliseer, waardeur alle mense met onwettige of ongewenste vuurwapens sowel as ammunisie dit by hul naaste polisiekantoor kan inhandig. Die polisie het mense aangespoor om hierdie periode te benut om hul vuurwapens en ammunisie in te dien vir vernietiging, of hernuwing van 'n bevoegdheidsertifikaat en 'n geldige lisensie. Die jongste statistieke oor nasionale misdaad toon weereens dat vuurwapens die voorkeurwapen in die pleging van die meeste geweldsmisdaad was.
Die vermindering van die sirkulasie van vuurwapens kan die plaag van geweldsmisdade heelwat verminder, en die amnestie van die vuurwapens beoog om 'n verminderde aantal vuurwapens wat onwettig besit in die land in omloop te sien. Dit bied dus vuurwapeneienaars die geleentheid om onwettige en ongewenste vuurwapens in te dien, wat sal lei tot die voorkoming van misdaad en die bevordering van veiligheid om te verseker dat mense wat in Suid-Afrika woon, veilig is en voel. Die polisie het gesĂȘ geen vrywaring word toegestaan vir vuurwapens wat gebruik word om enige misdaad te pleeg nie, en alle vuurwapens wat ingehandig is, sal ballisties getoets word om te verseker dat dit nie gebruik is in die pleging van misdade voordat dit vir vernietiging oorweeg kan word nie. Vir navrae oor vuurwapenamnestie, kontak 012 353 6111, of stuur 'n e-pos na cfrenquiry@saps.gov.za.