Stem vir Vanessa Nel as Onderwyser van die Jaar 2021
SM HATTINGH
28 September 2021
Elke kind moet spesiaal en uniek voel. Ek wil ’n passie wakker maak sodat hulle voluit wil en kan lewe.
Ek is sedert 2010 ’n onderwyseres by Laerskool JJ van der Merwe in Ermelo. Ek is getroud, en ons het drie kinders – tweeling dogters van 1,2 en ’n seun van agt jaar oud. Ek het in 2000 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer. Na skool het ek my B-Tech. Diploma in Gasvryheidstudies by TUT (Technikon Pretoria) verwerf. Daarna het ek deeltyds my Onderwysdiploma by UNISA gedoen. My eerste tree in die onderwys, was as dosent by PE Kollege in Port Elizabeth, waar ek vir ses jaar werksaam was. Ek is terug na my tuisdorp in 2010, waar ek by Laerskool JJ van der Merwe as Graad 3 onderwyseres aangesluit het. Ek het 2019 na Graad 4 wiskunde geskuif, en het ook die graadhoof van die Graad 4’s geword. My buitemuurse aktiwiteite sluit atletiek, netbal en landloopafrigting in. Ek is ook die landloop organiseerder van ons skool. Ek tree ook as mentor op vir die onderwysstudente by ons skool. Die geleentheid om ’n verskil in elke kind se lewe te maak, klein of groot, is vir my baie belangrik. Elke kind moet spesiaal en uniek voel. Ek wil ’n passie wakker maak sodat hulle voluit wil en kan lewe. My kindertjies weet: Ons gee nooit op nie, en as ons dink ons kan nie meer nie, dan kan ons nog sewe keer Onderwys is my roeping en my passie. Ek dank God elke dag vir die geleentheid wat ek ontvang het om ’n onderwyseres te kan wees. Stem asseblief vir my, Vanessa Nel, deur op die artikel te klik indien u die koeraant op die Tribune webwerf lees.
Vir diegene wat die Tribune ePaper ontvang via WhatsApp, klik asseblief op hierdie skakel - https://bit.ly/3EVXm73 om vir my te stem. Die sluitingsdatum vir die nominasies sluit op 1 Oktober 17:00. - Groete, Vanessa Nel