top of page

Sprankelende Tersia laat reuse leemte

SM HATTINGH

28 September 2021

“Tersia, ons mis jou reeds, maar ons weet jy kyk af na ons met ‘n glimlag op jou gesig. Weet ons sal jou sprankelende persoonlikheid en jou glimlag altyd saam met ons dra.”

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Tersia Oosthuizen (56) het op Vrydag, 24 September haar engel vlerkies gekry. Sy was ‘n welbekende in die omgewing, en het altyd reg gestaan vir raad, ‘n geselsie en ‘n glasie wyn. Sy was baie geliefd in die gemeenskap, en het gelewe vir haar kinders, familie, diere en dan ook haar vriend, Flip Venter. Tersia was werksaam by De Wit Motors in Ermelo vir die afgelope dertien jaar. Tersia het in die laaste jaar vir Flip ontmoet, vir wie sy werklik baie lief was, en saam wie sy weer kon glo in liefde. Die paartjie het elke kans gebruik wat hul saam kon wees om mekaar se geselskap te kon geniet, en het altyd heerlik saam gedans. “Haar skielike afsterwe was vir ons almal ‘n groot skok, maar ons almal weet sy is nou op ‘n baie beter plek”, het haar kinders en Flip aan die Tribune gesê. Tersia se Facebook blad kan getuig hoe geliefd sy was, hoe baie mense werklik vir haar om gegee het, en in wie se lewens sy verskille gemaak het. Tersia was vreeslik lief vir haar huis en haar diere, en oor ‘n naweek sou jy altyd vir Tersia by die huis gekry het waar sy in haar tuin gewerk het en altyd gesorg het dat daar nuwe blommetjies geplant word. Sy was baie lief vir die buite lewe, en het die see vreeslik geniet. “Tersia, ons mis jou reeds, maar ons weet jy kyk af na ons met ‘n glimlag op jou gesig. Weet ons sal jou sprankelende persoonlikheid en jou glimlag altyd saam met ons dra.” Tersia word oorleef deur haar twee sussies, Lizette Joubert en Alta Lombard, haar drie kinders, Rynhard, Andrè en Liezl, en dan ook haar vriend, Flip Venter. Die familie wil net graag die gemeenskap bedank vir elke oproep, boodskap en vinnige inloer en al die ondersteuning. “Rus sag by Liewe Jesus se voete.”

bottom of page