SA staar hoër grendelvlak in die gesig
GK CRONJE
27 October 2020
Suid-Afrika het op Sondag, 25 Oktober 2020, 1 622 nuwe infeksies aangemeld, wat die totale aangemelde gevalle tot 715 868 geneem het.
Premier Sihle Zikalala het gesê dat 'n terugkeer na 'n hoër grendelvlak op die spel is, tensy die land 'n afname in die aantal gevalle van COVID-19 infeksies sien. Gesondheids- en regeringsamptenare het die land gewaarsku oor 'n toename in COVID-19-gevalle in Suid-Afrika as gevolg van inwoners wat regulasies teenstaan, versuim om maskers te dra en groot byeenkomste bywoon.
“As ons na die statistieke kyk, kan ons nou met veiligheid sê dat ons beslis weer ‘n verhoodge grendelvlak gaan instel as daar geen dringende en drastiese verandering in gedrag is nie,” het Zikalala op Sondag laat hoor. Die premier het veral klem gestel op roekelose verbruik van alkohol, en sosiale byeenkomste en partytjies, wat die potensiaal het om al die vordering wat gemaak is om die gesondheidsorgstelsel voor te berei op 'n moontlike aanslag van COVID-19, te laat ontspoor. “Ons kan dit nie duld nie, en daarom sal ons inspekteurs ten volle optree om die wet toe te pas,” het hy afgesluit.
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandeesweek die land toespreek oor die toenemende aantal COVID-19-infeksies in die land. Suid-Afrika het op Sondag, 25 Oktober 2020, 1 622 nuwe infeksies aangemeld, wat die totale aangemelde gevalle tot 715 868 geneem het. Sterftes het 18 960, 'n daaglikse toename van 16, bereik, terwyl herstel tot 646 170 geklim het. Daar is tans 50 738 aktiewe gevalle in die land. Inwoners word gemaan om regulasies na te kom, en die nodige voorsorg te tref, wat die dra van ‘n masker in die publiek, insluit.