Ryan het dringend jou hulp nodig
SM Hattingh
11 Oktober 2022
Ryan en sy vriende het Saterdag aand uitgegaan in Pretoria, waar hy toe beval was in twee aparte insidente.
Vroeg Sondag oggend, 3 Oktober 2022, het die familie en vriende van Ryan Alves skokkende nuus ontvang. Ryan en sy vriende het Saterdag aand uitgegaan in Pretoria, waar hy toe beval was in twee aparte insidente. Ryan was na die bevallings onbewus, waarna sy vriende hom probeer by bring het en ‘n ambulans ontbied het. Ryan was toe na die naaste hospitaal geneem, waar hy onmiddelik opgeneem is. Later dié Sondag aand het die dokters aan sy familie bevestig dat hy kritiek is, al die bene in sy gesig is gekraak, hy het ‘n breuk op sy skedel, infeksie in sy longe en swelling op die brein. Na wese was Ryan Maandag middag in vir ‘n noodoperasie op sy brein, en 15cm van sy kop been was verwyder om te help met die drukking van die swelling op sy brein. Hy is daarna onder sterk sedasie geplaas, en die wag tydperk het begin. Tans is Ryan nog kritiek, en fondse word dringend benodig. Sy hospitaal rekening al klaar yslik groot, en Ryan se herstel proses gaan nog ‘n lang pad wees. Die fondse vir dit lê ook nog soos ‘n berg voor die familie. Daar is ‘n rekening geskep vir hom vir enige donasies deur Mnr. Danie van der Walt by Botha & Van Dyk Prokureurs. Alle en enige donasies sal hartlik waardeer word, en sal ongelooflik baie help. Die bank besonderhede vir donasies is as volg: Nedbank Trust Rekening, Rekening Naam: Botha & Van Dyk Trust Acc, Rekening Nommer: 1468 116 924, Tak Kode: 151644, Verwysing: RYA/3/1naam. Die familie wil graag die gemeenskap bedank vir elke boodskap, oproep asook die gemeenskapslede wat alreeds ‘n donasie gegee het, die familie waardeer dit opreg.