top of page

Rus sag, Gert

SH HATTINGH

7 Julie 2020

Gert was ‘n reuse visvang-liefhebber, en as hy kon kies, sou hy elke dag op sy boot, genaamd Felix, op Sodwana se golwe gaan speel het. Hy het ook ‘n groot liefde vir diere gehad. Hy was die presiese mense liefhebber, hy het altyd seker gemaak dat almal om hom altyd gelukkig is. Hy was ‘n groot sport op die viswaters, altyd tyd gemaak vir ‘n grappie, maar kon ook streng wees.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Gert van Coller, gebore 25 Julie 1961, is op Donderdag, 2 Julie 2020, skielik oorlede. Gert was ‘n baie bekende in Ermelo, veral onder die vissermanne. Gert het elke dag gelewe vir sy vrou, Yolandé, en sy dogter, Melané. Gert was ‘n reuse visvang-liefhebber, en as hy kon kies, sou hy elke dag op sy boot, genaamd Felix, op Sodwana se golwe gaan speel het. Hy het ook ‘n groot liefde vir diere gehad. Hy was die presiese mense liefhebber, hy het altyd seker gemaak dat almal om hom altyd gelukkig is. Hy was ‘n groot sport op die viswaters, altyd tyd gemaak vir ‘n grappie, maar kon ook streng wees. Tydens ‘n onderhoud met sy vrou, het sy aan die Tribune gesê dat sy het nie woorde nie, sy weet nie wat om te sê nie, maar sy gaan hom vreeslik mis.

Sy dogter, Melané, het sulke diep en ware woorde van haar pappa gedeel op haar Facebook blad, en dit beskryf presies hoe haar pappa was. “My liefste pappa, jy was my rots in die rowwe see. Jy was my raadgewer. Jy was my `keep calm.' Jy is my begin en einde. Ek het jou lief. Daar waar jy nou is, weet ek jy is gelukkig. Dankie vir alles wat Pa my geleer het. Ek verlang alklaar. Jesus het vandag my yster gevat. I promise I will never disappoint you, I will make you proud! ❤ Melaans”. Daar sal ‘n teraardbestelling gehou word te Sodwana wat na Gert se wense was, die datum sal bevestig word op ‘n latere stadium weens COVID-19. Die familie wil graag die gemeenskap bedank vir elke boodskap, oproep en almal se liefde en omgee. Gert word oorleef deur sy vrou, Yolandé, sy dogter Melané en familie.

bottom of page