top of page

Rondloper beeste steek inwoners dwars in die krop

GK CRONJE

25 May 2022

Op hierdie tydstip draai beide MLM en die SAPD in Ermelo ‘n blinde oog na die groeiende kwessie, wat al telkens ernstige beserings en lewensverlies tot gevolg gehad het.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die kwessie van verdwaalde en rondloper vee in Ermelo woongebiede, omliggende areas en die buitewyke is al jare ‘n doring in die vlees van motoriste, sonder enige optrede van die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) en die relevante departemente. In hierdie geval word verordeninge heeltemal geïgnoreer, en die wette word nie deur die owerhede afgedwing nie, wat 'n bose kringloop van frustrasie, saakbeskadiging en gevaar vir motoriste veroorsaak. Verskeie inwoners het gerapporteer dat hul honde onbeheerbaar opgewerk word deur die rondloper vee wat ronddwaal in die woongebied, veral in die De Bruin Park omgewing.

Klagtes vanaf inwoners beweer dat dié rondlopers so gewoond geraak het aan verkeer en gevloek van frustreerde motoriste en inwoners, dan die diere hul geensins steur aan die kwaad wat hul stook nie. Verskeie motoriste het nouliks vermy om met hierdie diere te bots, wat ‘n veer voel vir aankomende verkeer. Hierdie kwessie is egter nie net tot diewoongebiede beperk nie, aangesien inwoners verskeie klagtes ingedien het oor beeste wat in die begraafplase wei, en kosbare herinneringe vertrap, blomme opvreet en vase beskadig, en ander gedenkwaardighede verniel.

Alhoewel dit 'n dringende kwessie in Ermelo is, wag almal in spanning dat MLM -amptenare nog beslissend optree. Op hierdie tydstip draai beide MLM en die SAPD in Ermelo ‘n blinde oog na die groeiende kwessie, wat al telkens ernstige beserings en lewensverlies tot gevolg gehad het. Verskeie navrae was al aan MLM gerig. Dié het egter die navrae doodluiters ignoreer, en het tot hede geen terugvoer gegee nie.

bottom of page