top of page

Prism Training Centre - Waar liefde en geduld 'n verskil maak

SM HATTINGH

13 September 2022

Vrugte en groente en ander nie bederfbare kos is ook welkom.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Prism Training centre is ‘n nie-winsgewende skool in Ermelo wat kinders met spesiale behoeftes akkomodeer. Die skool beskik oor buitemuurse aktiwiteite soos perdeterapie, swemklasse, musiekterapie en ook rekenaarvaardigheidsklasse. Daar is tans 8 leerders van verskeie ouderdomme in die skool. Van die leerders in die skool verg meer aandag as van die ander leerders en elke een se spesiale behoeftes word in voorsien. Die skool is in 2020 gestig deur Mev. Gerda Smuts, ñ oud-onderwyseres en kunstenaar. Haar liefde vir kinders kan gesien word in haar passie en geduld waarmee sy die kinders by haar sentrum hanteer.

Tydens ‘n onderhoud met die Tribune het Mev. Smuts gesê “ Die is my kinders, ek is so lief vir hulle. My eie kinders sê al dat ek liewer is vir my skool se kinders, maar elke liewe kind in die skool het ‘n baie spesiale plekkie in my hart”. Die skool beskik oor ‘n speelgrond vir die kinders met verskeie klimrame, bande en ‘n sandput. In die klas word die leerders volgens hulle spesiale behoeftes gestimuleer op baie kreatiewe maniere. Hulle bou legkaarte, lees, tel en doen ook skoolwerk.

Die skool doen graag ‘n beroep op die gemeenskap vir skenkings van boeke, legkaarte, skryfbehoeftes of enige ander donasies.

Vrugte en groente en ander nie bederfbare kos is ook welkom. Die skool is geleë by Simon Bekker Straat 6 en Mev. Gerda Smuts kan gekontak word op 084 427 9730. Vir enige kontant donasies kan die volgende bankbesonderhede gebruik word, FNB Bank, Gold Business Account, Rekening Nommer: 63012398061, Takkode: 210835.

bottom of page