top of page

Pienkbal Gholfdag vier 27ste bestaansjaar

SH HATTINGH

24 November 2020

Die organiseerders van die dag wil graag van die geleentheid gebruik maak om al hul borge te bedank, vir die dag asook vir die spelers wat die dag saam met hulle geniet het.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Hervormde Kerk Suid-gemeente het op Saterdag, 21 November, weer hul jaarlikse Pienkbal Gholfdag aangebied. Dit is die 27ste jaar wat die gesogte Pienkbal Gholfdag aangebied is. Die spelers het die dag vreeslik geniet, en ten spyte van die koue en die misreën, het die spelers die balle steeds ore aangesit. Daar was ‘n aantal van 130 spelers wat deelgeneem het aan die dag. Pryse vir naaste aan die pen is P. Steyn (putjie 6), A. Oosthuizen (putjie14). Wenners van die IPS Kompetisie was C. Jacobs (derde), L. Du Preez (tweede) en D. Botha (eerste).

Die top drie pienkbalspanne na afloop van die dag se spel was A. Oosthuizen en haar span (derde), C. Jacobs en sy span het met die tweede plek weggestap, terwyl Niel Matheson, Hermie Kleyn, PJ Labuschagne en Org Janse van Rensburg as wenners van die baan gestap het. Die organiseerders van die dag wil graag van die geleentheid gebruik maak om al hul borge te bedank, vir die dag asook vir die spelers wat die dag saam met hulle geniet het.

bottom of page