top of page

Phoenix Rotary maak kinder-hartjies bly

SH HATTINGH

12 January 2021

Elke kind het ‘n pakkie lekkers, ‘n heerlike worsbroodjie en ‘n Lego stel gekry. Dit was die mooiste oomblikke om te koester, om te sien waar al die kinder hartjies dankbaar is vir wat hulle ontvang het, en om daai glimlaggies op elke gesiggie te kon sien.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Woensdag, 16 Desember het die Phoenix Rotary drie kinderhuise besoek. Die missie van die dag was om die Kersfees gevoel te versprei, en ook die boodskap uit te dra waaroor Kersfees regtig gaan. Die lede het almal die oggend by Holiday Inn ontmoet, waar hulle die beplanning vir die dag gedoen het. Die drie kinderhuise wat hulle besoek het was Children of the Dawn in Wesselton, dan Bambanani, wat op die Piet Retief pad is, en laastens die CMR kinderhuis in Pet Straat. Een van die lede het as kersvader opgetof, en het aan elke kind ‘n geskenkie oorhandig.

Elke kind het ‘n pakkie lekkers, ‘n heerlike worsbroodjie en ‘n Lego stel gekry. Dit was die mooiste oomblikke om te koester, om te sien waar al die kinder hartjies dankbaar is vir wat hulle ontvang het, en om daai glimlaggies op elke gesiggie te kon sien. Die bestuur van die Phoenix Rotary, Lakesh Maharaj, wil graag die gemeenskap nooi om deel te word van hulle span. Vir enige navrae kan Lakesh gekontak word by 083 532 2266.

bottom of page