top of page

Ouma Toys rus sag by die Here se voete

GK CRONJE

3 August 2021

Die familie bedank graag vir Kobus Taljaard, AEA, en Xolani Ngomane, BAA, van Life Care Response Ambulansdienste vir hul flink hulp en bystand tydens ‘n vreeslike deurmekaar en hartseer tyd.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Anna Cecilia Cook, meer bekend as Ouma Toys, gebore op 10 Maart 1942, is op die oggend van 27 Julie 2021 huiswaarts geroep deur haar hemelse Vader. Ouma Toys sal deur die gemeenskap en haar vriende onthou word as ‘n ystervrou met ‘n hart van goud, altyd bereid om haar laaste te gee om ander te help. “As die somer se eerste reën val, en die vars,vrugbare grondreuk tref die aarde, sal ek Ouma altyd onthou. As die vlinders vry vlieg, en op ‘n kosmos tot rus kom, sal ek Ouma altyd in my hart en siel vashou. As die trane val, en die waarom’s kom, sal ek Ouma se glimlag koester, en altyd die beter tye in my geheue laat ontvou. Liefste Ouma Toys, die trane val in vlae soos ek hierdie huldeblyk skryf, maar nie net trane van hartseer omdat ek Ouma se liefde, omgee en altyd verstaan sal mis nie, maar ook trane van blydskap omdat ek weet Ouma is gelukkig en veilig in Ouma se hemelhuis. Ouma se vlamrooi hare van Ouma se jong dae wapper weer in die wind soos wat Ouma in die goue strate van die hemel baljaar. Rus sag, my liefste Ouma Toys. Ouma was die beste Ouma waarvoor enige iemand kon vra. Hou my plek in die hemel vir my, tot ons weer ontmoet.” - Oneindige liefde, “Ouvrou” (Tanya).

“My mom was a very extraordinary person, which in turn made her well loved by all. As a mother, she was always super protective, and was always concerned about everyone’s wellbeing. Her passion was to pray for the needy and the helpless, in each and everyone’s quest to find and to need the Lord Jesus Christ in each of their lives. As a Grandmother, she always kept each of the kids in her prayers everyday. She loved them dearly, and the desire of her heart was to do this task, if you can call it until the day she rest her head. She has completed the task, and according to us, she graduated with honors. We also know that she has been received with open arms, as Jesus was with her all the way in the last hour. Mammy, rest sweet and rejuvenate your strength in the arms of our Lord Jesus.” - Love, Charles.

“Mammie... Hoe begin mens dankie sê vir mammie? Vir 'n lewe van liefde en omgee, van opofferings sodat ons kon hê. Dankie sê vir mammie wat ons die regte pad gewys het om te stap, sodat ons ook die kroon van die lewe kan ontvang. Ek sê dankie dat Vader God my ma se enigste dogter gemaak het, dankie vir die seën wat mammie in my lewe was, en altyd sal wees. Jubel en dans voor die Koning van die heelal, want ma het tot die einde toe uitgehou. Ek sal na mammie verlang totdat ons weer ontmoet.” Baie liefde, Michele.

“Ma was ‘n wonderlike ma vir my, en vir ons, en ons was, en is steeds, ontsettend lief vir ma. Ek gaan ma se gesprekke en geselsies vreeslik mis hier by die huis. Ons sal altyd vir ma lief wees.” Diepe liefde, Tony.

Die familie bedank graag vir Kobus Taljaard, AEA, en Xolani Ngomane, BAA, van Life Care Response Ambulansdienste vir hul flink hulp en bystand tydens ‘n vreeslike deurmekaar en hartseer tyd. Hul bedank ook graag AVBOB se personeel vir hul bystand. Laastens, maar nie die minste nie, bedank die familie die Tribune ePaper personeel vir hul hulp en meegevoel. Ouma Toys se finale totsiens was klaar deur familie gedoen, en die kerkdiens se datum en besonderhede sal persoonlik aan nabye vriende gestuur word.

bottom of page