top of page

Ons mis jou, mamma

SM HATTINGH

31 August 2021

Amoré (7) aan die Tribune gesê “Mamma, ek is baie lief vir mamma, ek mis mamma so baie en ek hoop mamma is veilig. Lief vir mamma.” Met baie trane in haar oë sê sy ook, “Tannie, ek wil nie bederf wees nie, ek wil net my mamma terug hê”.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Riana Bester, (34) ‘n bekende in die dorp, is op Dinsdag, 24 Augustus, skielik oorlede. Riana was werksaam by Jack’s Konstruksie. Sy was baie geliefd by haar werk, asook in die gemeenskap. Wanneer mens verby haar gery het, kon jy altyd haar vrolike gesiggie sien met haar rooi lippe aan. Sy het altyd geglimlag, en was gereed om te groet in die verby ry. Die Tribune het bietjie op haar Facebook blad gaan kyk, en al die boodskappies wat haar vriende vir haar gelos het gesien, wat weer net wys sy was altyd daar wanneer enig persoon haar nodig gehad het.

Tydens ‘n gesprek met haar kinders het Amoré (7) aan die Tribune gesê “Mamma, ek is baie lief vir mamma, ek mis mamma so baie en ek hoop mamma is veilig. Lief vir mamma.” Met baie trane in haar oë sê sy ook, “Tannie, ek wil nie bederf wees nie, ek wil net my mamma terug hê”. Stiaan (5) sê net, “Ek is lief vir jou mamma, ek mis mamma baie. Mamma is ‘n super mom,” met ‘n glimlag, maar ook ‘n verlangende hartseer in sy ogies. Johan Wolvaardt, haar kêrel, sit met trane in sy oë terwyl die kinders net goed oor hulle mamma praat en probeer baie hard sluk. Riana oorleef haar ouers, Surina en Hans Brits, haar suster, Majorie Brits, haar twee kinders, Amoré en Stiaan, en vir Johan. Johan se laaste boodskap aan sy lewensmaat ,vir wie hy ongelooflik baie lief was, lei as volg: “My engel, dankie vir wie jy was. Dankie vir jou oneindige liefde, dankie vir jou bystand as ek so ver weg gewerk het. Dankie dat jy Ami en Stiaan sulke mooi waardes van lewe geleer het, dankie dat jy my geleer het wat is ware liefde. Ek weet jy waak oor ons daar waar jy aan Jesus se sy is, jy het gesprankel orals waar jy gaan, soveel raad vir ander gegee, en na ander se behoeftes omgesien het. Jou legende lewe voort. Jy was my lewe, my alles. Lief jou vir ewig, my Senekal nooi. Saggies rus.”

Riana se begrafnis sal vandag, Dinsdag, 31 Augustus plaasvind vanuit die AGS Kerk, om 11:00, op die hoek van 99 Sluiter en Oosthuise Strate plaasvind. Die begrafnis sal ook ge-“live stream” word vanaf Martin’s Funeral Ermelo se Facebook blad. “Rus sag Riana, ons mis jou alreeds te veel.”

bottom of page