top of page

NPO bied brandbestryding lugondersteuning aan boere

GK CRONJE

16 Junie 2020

‘n NPO groep tot die redding gekom met ‘n diens wat lugondersteuning sal bied aan boere wat tot die diens aangeteken het. Teen slegs R1.50 per hektaar, per maand, vir n tydperk van 3 maande, word boere tot rus gestel met die wete dat hul nie met hande in die hare sal sit tydens ‘n noodgeval nie.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die droeë winter maande hou reuse brandgevaar in vir boere van die omgewing, en wegholbrande is ‘n potensiële realiteit wat elke boer in die gesig staar. Boere in die omgewing het nie meer toegang tot die diens van lugondersteuning tydens ‘n veldbrand nie. In hierdie tyd van nood het ‘n NPO groep tot die redding gekom met ‘n diens wat lugondersteuning sal bied aan boere wat tot die diens aangeteken het. Teen slegs R1.50 per hektaar, per maand, vir n tydperk van 3 maande, word boere tot rus gestel met die wete dat hul nie met hande in die hare sal sit tydens ‘n noodgeval nie.

Die dekking sal geldig wees vir Julie, Augustus en September 2020. Hoe meer lede aansluit, hoe goedkoper kan die diens word in die toekoms. Die lugondersteuning daag binne ‘n blitsige 18 minute op teen die verste punt van die area. Die koste per hektaar sal gewend word na die akkommodasie van die vlieënier en die span, asook die staankoste van die helikopter op die lugveld. Om vir die diens aan te teken, moet jy voldoen en behoort aan FPA en regulasies, en moet ook beskik oor lugondersteuning brandversekering. Dié projek sal vanaf Ermelo bestuur word, en ‘n radius van 50KM om Ermelo dek. Hierdie diens is nie munisipaliteit- of distrik gekoppel nie. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye in Ermelo en paramedici sal ook genader word om hul steun te bied aan die projek waar benodig. Belangstellendes kan Roger Barnett by 072 852 4686, Johan vd Merwe by 082 338 4362, of Hein Aucomp by 082 571 2530 skakel.

bottom of page